Reënwolf Shop

Skryf vir my 'n gedig, Danie! (Handgeskrewe Gedig)

  • Sale
  • R 900.00
  • Regular price R 1,000.00
Tax included.


Danie probeer om een gedig elke dag te skryf. Om dit te doen, het ons gedink dit sou cool wees om gedigte vir ander mense te skryf. 

Nadat jy dit bestel en betaal het op die winkel, kan jy vir ons 'n e-pos stuur na danie@spoegwolf.com waarin jy sê waaroor jou gedig moet gaan, asook enige informasie wat jy in dit wil hê. 

Jy sal onmiddellik na dit geskryf is die gedig in digitale formaat kry, wat jy dan kan print soos jy wil. Dis 'n handgeskrewe gedig (Sien voorbeeld in die prentjie) - maar word in 'n digitale formaat vir jou gestuur, sodat jy hom kan print en gebruik soos jy wil. 

 

*NB: Danie behou die regte tot die woorde - so as jy 'n sokkie treffer daarvan maak gaan ons 'n ou snoek in jou kas gooi as jy op vakansie gaan. 

*As Danie baie van die gedig hou, kan dit dalk in sy volgende bundel of in 'n Spoegwolf album kom. Die nodige krediet sal natuurlik gegee word!