Soms is dit beter om minder te sê. Met die gesiggedig teken Danie vir jou 'n gesig, en sê net 'n paar woorde.
Dit kan jou gesig wees - dit kan jou beste vriend s'n wees.
Hoe werk dit?
As jy klaar bestel het, stuur 'n WhatsApp na Danie op 078 436 4764.
Jy kan 'n foto stuur van die gesig wat hy moet teken, asook 'n paar woorde oor wat hy moet skryf (selfs 'n voicenote).
Binne 'n week stuur Danie dan vir jou 'n skets met een sin onder dit - 'n klein gedig wat gemaak is met jou boodskap. Dit word gestuur via Aramex, waarna jy dit self kan raam. Jy kan ook vra dat dit liewer digitaal gestuur word.
Die kunswerk is op 'n A4 - geteken met potlood (jy kan ook vra vir ink!).
Danie beplan ook om dit in sy volgende bundels te sit - laat weet net uitdruklik as jy dit nie daarin wil hê nie!