Laat Danie vir jou 'n Paartjie-Kaartjie teken. 'n Klein stukkie vreugde wat jy jou leeftyd sal hou.
Hoe werk dit?
As jy klaar bestel het, stuur 'n WhatsApp na Danie op 078 436 4764.
Jy kan 'n foto stuur van die twee gesigte wat hy moet teken. Die beste is sommer 'n paar selfies saam te neem.
Binne 'n week stuur Danie dan vir jou 'n skets in ink.
Dit word gestuur via Aramex, waarna jy dit self kan raam. Jy kan ook vra dat dit liewer digitaal gestuur word.
Die kunswerk is op 'n A4 - geteken met ink.
Maksimum 2 mense per skets! :)
Danie beplan ook om dit in sy volgende bundels te sit - laat weet net uitdruklik as jy dit nie daarin wil hê nie!