Vir 'n Persoonlike Boodskap - Stuur Asb 'n e-pos na info@reenwolf.com met wat Danie vir jou kan skryf (Nie meer as 3 lyne nie) :)
'elke dag is 'n nagmaal
dis hoe ons mekaar behou'
Johan du Toit se debuutbundel is soos goeie wyn wat vir dekades weggesteek is. Dit handel oor die alledaagse - die mooi en die swaar. Daar is momente wat jou sal dronk met vreugde los, en ander wat jou sal laat snik na asem.
Met die lees daarvan kan mens nie help om weer hoop te hê nie.
Reënwolf Publishing is trots om deel te wees van hierdie monument van 'n boek.